Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » plan
plan [boodskap #127331] Vr, 02 Augustus 2019 18:51
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19491
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
plan
Afbreking: plan


Selfstandige naamwoord: plan
Meervoud: planne
Verkleinwoord: plannetjie
Meervoud van verkleining: plannetjies

Betekenis:
• 'n Idee om 'n probleem op te los; voorgenome handelswyse.
• Tekening van hoe 'n gebou moet lyk; ontwerptekening van 'n bouwerk.
• 'n Vlak of opsie.

Gebruik:
• Ons sal 'n plan moet beraam om geld in te samel.
• Die argitek teken 'n plan vir die nuwe wolkekrabber in die middestad.
• Ek moet 'n selfoon aanskaf, maar weet nie watter plan die meeste data bied nie.

Spreekwoord:
• 'n Boer maak 'n plan. [Iemand wat vindingryk is.]
• Die plan in die yskas sit. [Die uitvoering van die plan uitstel.]

Afgelei:
• plannemaker

Vertaling:
Engels: plan
Nederlands: plan

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: nogeens
Volgende onderwerp: verkeerde
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jul 02 07:58:31 MGT 2024