Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » spreek
spreek [boodskap #127327] Vr, 02 Augustus 2019 07:05
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19491
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
spreek
Afbreking: spreek


Werkwoord: spreek
Verlede tyd: het gespreek
Teenwoordige deelwoord: sprekende

Betekenis:
• Met behulp van die stem uiter.
• Gaan sien; raadpleeg.

Gebruik:
• Hy spreek die gehoor toe.
• Sy het die skoolhoof gaan spreek.

Spreekwoord:
• Dit spreek boekdele. [Dis ’n sprekende bewys.]
• Dit spreek soos 'n boek. [Dit is vanselfsprekend.]
• Swye is goud, spreek is silwer. [Dis dikwels die beste om liewers niks te sê nie.]
• Wie se brood 'n mens eet, dié se woord 'n mens spreek. [Jy steun die persoon van wie jy vir jou bestaan afhanklik is.]

Sinoniem:
• praat

Antoniem:
• swyg

Vertaling:
Engels: to speak, talk; to see
Nederlands: spreken

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: plaasvervulling
Volgende onderwerp: weereens
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jul 02 08:37:08 MGT 2024