Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » gees
gees [boodskap #127325] Do, 01 Augustus 2019 20:44
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19491
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
gees
Afbreking: gees
Uitspraak: /χɪə̯s/


Selfstandige naamwoord: gees
Meervoud: geeste
Verkleinwoord: gesie
Meervoud van verkleining: gesies

Betekenis:
• Die lewegewende siel van die mens; denkende, voelende, willende deel van menswees.
• Persoon se denkvermoë; dit wat in iemand se gedagtes afspeel.
• Spook; bonatuurlike vergestalting van 'n afgestorwene.
• Gesindheid; die werklike bedoeling van iets.

Gebruik:
• Want soos die liggaam sonder gees dood is, so is ook die geloof sonder die werke dood. [Jakobus 2:26]
• Hy was 'n groot gees in die politiek gewees.
• Sy beweer dat 'n bose gees haar in die nag besoek.
• Daar is 'n goeie gees van samewerking tussen die Afrikaanse skole.

Spreekwoord:
• Iemand se gees blus. [Iemand ontmoedig.]
• Hy is arm van gees. [Verstandelik nie goed bedeeld nie.]
• Hoe groter gees, hoe groter bees. ['n Mens met buitengewone talente, is dikwels ongemanierd.]
• Na die letter en na die gees. [Presies soos dit geskrywe staan en soos die eerlike bedoeling is.]
• Die gees is gewillig, maar die vlees is swak. [Iets goeds wil doen, maar nie fisies in staat nie.]

Sinoniem:
• siel
• spook

Antoniem:
• liggaam

Afgelei:
• aardgees
• geestesoog
• geesdrif
• begeester
• bemoeigees

Vertaling:
Engels: mind, spirit, ghost, soul, fluid
Nederlands: geest

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: ophou
Volgende onderwerp: plaasvervulling
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jul 02 08:00:38 MGT 2024