Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » ophou
ophou [boodskap #127324] Do, 01 Augustus 2019 19:39
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19491
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ophou
Afbreking: op•hou


Werkwoord: hou op, ophou
Verlede tyd: het opgehou

Betekenis:
• 'n Aktiwiteit beëindig; nie meer doen nie.
• Jouself mee besig hou; bemoei.
• Omhoog hou.
• Hinder; teenhou.

Gebruik:
• Jy moet ophou om jou sussie so te terg.
• Moet jou nie met sulke mense ophou nie.
• As jy jou hand opsteek moet jy dit ophou totdat jy getel is.
• Jammer ek is laat, die stakende betogers het my opgehou.

Spreekwoord:
• Jou asem ophou. [Vrees dat iets sal gebeur.]

Sinoniem:
• afsluit
• end
• stop

Antoniem:
• aanhou

Vertaling:
Engels: to stop, cease; to hold up, support
Nederlands: ophouden

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: spektakel
Volgende onderwerp: gees
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jul 02 08:11:38 MGT 2024