Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » oortuig
oortuig [boodskap #127319] Do, 01 Augustus 2019 15:24
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19491
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
oortuig
Afbreking: oor•tuig


Werkwoord: oortuig
Verlede tyd: het oortuig
Teenwoordige deelwoord: oortuigende

Betekenis:
• Iemand tot 'n insig bring; deur bewyse en redenering laat glo.
• As 'n mens self seker is van iets; vas glo.

Gebruik:
• Kan jy die hardkoppige man oortuig dat rook sleg is vir jou gesondheid? Hoe oortuig jy jou baas om jou toe te laat om van die huis af te werk?
• Ek is oortuig dat die maan van kaas gemaak is. Hy is oortuig van sy onskuld én begerig dat die reg spoedig sy loop neem.

Sinoniem:
• beïnvloed
• oorhaal
• oorreed

Afgelei:
• oortuiging

Vertaling:
Engels: to convince, persuade, induce
Nederlands: overtuigen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: s'n
Volgende onderwerp: sukkel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jul 02 08:42:14 MGT 2024