Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » smaak
smaak [boodskap #127317] Do, 01 Augustus 2019 06:42
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19491
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
smaak
Afbreking: smaak


Werkwoord: smaak
Verlede tyd: het gesmaak

Betekenis:
• Om te proe; die gewaarwording en ervaring van kos en drank in die mond; prikkeling van die smaaksintuig.
• Ondervind; ervaar.

Gebruik:
• Die kos smaak lekker.
• Sy smaak die smart van die lewe.

Spreekwoord:
• Dit smaak vorentoe. [Dit smaak lekker.]
• Dit smaak na teer en ek lus nog meer. [Dit het lekker gesmaak.]
• Verbode vrugte smaak die lekkerste. [Wat ons belet word, wil ons die graagste hê.]
• As die kat dik is, smaak die muis bitter. [As iemand genoeg geëet het, smaak die kos nie meer lekker nie.]

Vertaling:
Engels: to taste; to appear
Nederlands: smaken


Selfstandige naamwoord: smaak
Meervoud: smake
Verkleinwoord: smakie
Meervoud van verkleining: smakies

Betekenis:
• Hoe iets proe; gewaarwording van kos en drank; prikkeling van die smaaksintuig; geur.
• Waarvan mens hou en wat jy verkies; 'n bepaalde subjektiewe voorkeur.
• Iets wat met oorgawe gedoen word.

Gebruik:
• 'n Waatlemoen het 'n heerlike soet smaak.
• Sy het 'n fyn smaak in klere.
• Hy vertel sy storie met smaak.

Afgelei:
• nasmaak
• smaaklik
• smaakloos
• smaakmiddel
• voorsmaak

Vertaling:
Engels: taste; relish, liking
Nederlands: smaak

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vergelyk
Volgende onderwerp: s'n
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jul 02 08:06:38 MGT 2024