Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kriek
kriek [boodskap #127308] Wo, 31 Julie 2019 10:48
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19491
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Krieke
Krieke
kriek
Afbreking: kriek




Selfstandige naamwoord: kriek
Meervoud: krieke
Verkleinwoord: kriekie
Meervoud van verkleining: kriekies

Betekenis:
• Klein tot mediumgrootte insek van die familie Gryllidae en orde Orthoptera.

Gebruik:
Krieke is hoofsaaklik nagdiere en is bekend vir die aanhoudende tjir van die mannetjies wat die wyfies se aandag probeer trek.

Spreekwoord:
• Hy is 'n langasemkriek. [Hy is besonder langdradig.]

Hiperoniem:
• insek

Afgelei:
• huiskriek
• veldkriek

Vertaling:
Engels: cricket
Nederlands: krekel


Werkwoord: kriek
Verlede tyd: het gekriek

Betekenis:
• Om 'n geluid soos 'n kriek te maak.

Gebruik:
• Al die kriekies kriek daar buite; Elke sprinkaan spring. [C. Louis Leipoldt]

Vertaling:
Engels: to chirp
Nederlands: tjilpen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: afgodetempel
Volgende onderwerp: skoenlapper
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jul 02 08:18:24 MGT 2024