Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » hare
hare [boodskap #127294] Di, 30 Julie 2019 13:38
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19491
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Vrou wat haar hare droogblaas.
Vrou wat haar hare droogblaas.
hare
Afbreking: hare
Uitspraak: /ˈɦɑːrə/




Besitlike voornaamwoord: haar

Betekenis:
• Verwys na iets wat aan 'n vroulike persoon behoort.

Gebruik:
• Is die boek joune of is dit hare?
• Sy het my hemp aangehad en ek hare.

Antoniem:
• syne

Vertaling:
Engels: hers
Nederlands: hare

Nota:
• Besitlike voornaamwoord van die derde persoon, vroulik.


Selfstandige naamwoord: haar
Meervoud: hare
Verkleinwoord: haartjie
Meervoud van verkleining: haartjies

Betekenis:
• Meervoud van haar; meer as een haar. Fyn, draadvormige, buigsame uitgroeisels op die kop en liggaam.

Gebruik:
• Sy hare val uit.

Spreekwoord:
• Jy gee my grys hare. [Oor iets bekommer.]
• Die hare het gewaai. [Daar is woes baklei.]
• Julle kloof hare. [Oor onbenullighede stry.]
• Dis is soos hare op 'n hond se rug. ['n Groot menigte.]
• Ek sit met my hande in die hare. [Ek kan nie 'n oplossing vind nie.]
• Hulle sit mekaar in die hare. [Maak rusie met mekaar.]
• Hulle vlieg mekaar in die hare. [Begin hewig stry.]
• Hy eet die hare van die hond. [Hy is babbelas.]
• Hy groei deur sy hare. [Hy word kaalkop.]
• Iemand se hare deurmekaarkrap. [Hom berispe.]
• Jy moet hare op jou tande hê. [Baie durf en deursettingsvermoë.]
• Meer spyt as hare op jou kop hê. [Bitter spyt wees.]
• Sy hare rys te berge. [Hy skrik baie groot.]
• Sy hare staan orent. [Hy is baie bang; het groot geskrik.]
• Sy kan haar hare uittrek van spyt. [Bitter, baie spyt wees.]
• Hy is aan die hare deurgesleep. [Met groot inspanning deur die eksamen gekry.]
• Iemand aan die hare insleep. [Om iets ter sprake te bring, al is dit nie ter sake nie.]
• Jakkals verander van hare, maar nie van snare. ['n Mens ontgroei nooit jou ingebore geaardheid nie.]

Vertaling:
Engels: hairs
Nederlands: haren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vandaan
Volgende onderwerp: skilderagtig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jul 02 08:43:02 MGT 2024