Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » aanval
aanval [boodskap #127292] Di, 30 Julie 2019 12:16
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19491
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Leër wat hulle vyand aanval.
'n Leër wat hulle vyand aanval.
aanval
Afbreking: aan•val




Selfstandige naamwoord: aanval
Meervoud: aanvalle
Verkleinwoord: aanvalletjie
Meervoud van verkleining: aanvalletjies

Betekenis:
• Poging om 'n teenparty met geweld te oorrompel of leed aan te doen.
• (medies) Skielike, dikwels kortstondige aandoening soos 'n hart- of 'n griepaanval.

Gebruik:
• Die wilde dier se aanval het die man blind gelaat. Soms is aanval die beste verdediging.
• Die man het 'n aanval in sy slaap gehad.

Antoniem:
• verdediging

Hiponiem:
• bomaanval
• hartaanval
• massa-aanval
• missielaanval
• ruimte-aanval
• senuwee-aanval
• teenaanval

Afgelei:
• aanvalsuur

Vertaling:
Engels: attack, assault; fit, stroke
Nederlands: aanval


Werkwoord: val aan, aanval
Verlede tyd: het aangeval
Teenwoordige deelwoord: aanvallende

Betekenis:
• Iemand seermaak of leed aandoen.

Gebruik:
• Hulle sal die vyand met bajonette moet aanval.

Antoniem:
• verdedig

Vertaling:
Engels: to attack, charge, assail
Nederlands: aanvallen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: hemel
Volgende onderwerp: vandaan
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jul 02 08:05:29 MGT 2024