Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » hemel
hemel [boodskap #127291] Di, 30 Julie 2019 11:50
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19491
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Pragtige blou hemel.
'n Pragtige blou hemel.
hemel
Afbreking: he•mel
Uitspraak: /ˈɦɪəməl/




Selfstandige naamwoord: hemel
Meervoud: hemels, hemele
Verkleinwoord: hemeltjie
Meervoud van verkleining: hemeltjies

Betekenis:
• Lugruim; die onmeetbare ruimte wat bo die aarde sigbaar is.
• (religie) Geluksalige toestand of plek waar God is en waarheen mense ná hul dood kan gaan.
• (figuurlik) 'n Baie aangename plek of toestand.

Gebruik:
• Die hemel is besonder blou vandag.
• Goeie Christene sal die hemel beërwe.
• Sy smul aan die sjokolade en is die sewende hemel.

Spreekwoord:
Hemel op aarde hê. [n Lekker lewe lei.]
• In die sewende hemel wees. [Baie gelukkig wees.]
• Tussen hemel en aarde swewe. [Heeltemal onbeslis wees.]
Hemel en aarde beweeg. [Alles in 'n mens se vermoë doen.]
• Die sluise van die hemel trek oop. [Dit reën vreeslik hard en baie.]
• Dit lyk of hemel en aarde vergaan. [Daar is ' n vreeslike lawaai.]
• Jy kom soos 'n engel uit die hemel. [Jy kom net op die regte tyd.]
• Hy beweeg hemel en aarde om dit reg te kry. [Alles wat moontlik is.]
• As die hemel val, dra ons almal blou musse. [Gesê van iets wat onwaarskynlik is.]
• As die hemel val, is ons almal dood. [Gesê vir iemand wat allerhande onnodige moeilikhede voorsien.]

Sinoniem:
• firmament
• sterreruim
• uitspansel

Antoniem:
• aarde
• hel

Vertaling:
Engels: sky, firmament; heaven
Nederlands: hemel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: persone
Volgende onderwerp: aanval
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jul 02 08:43:19 MGT 2024