Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » aflos
aflos [boodskap #127289] Di, 30 Julie 2019 09:42
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19491
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Twee dames wat 'n aflos hardloop.
Twee dames wat 'n aflos hardloop.
aflos
Afbreking: aflos
Samestelling: af + los



Werkwoord: los af, aflos
Verlede tyd: het afgelos

Betekenis:
• Die plek inneem van; in sy taak vervang.
• Terugbetaal of afbetaal.

Gebruik:
• Hy vergeet skoon dat hy die nagwag moet aflos.
• Sy moes haar skuld aflos.

Vertaling:
Engels: to relieve, take turns; to redeem, discharge
Nederlands: aflossen


Selfstandige naamwoord: aflos
Meervoud: aflosse
Verkleinwoord: aflossie
Meervoud van verkleining: aflossies

Betekenis:
• Wedloop waar elke spanlid 'n deel van die afstand aflê.

Gebruik:
• Hulle hardloop 'n aflos.

Sinoniem:
• aflospersoneel
• afloswedloop

Vertaling:
Engels: relay
Nederlands: relais

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kosmografie
Volgende onderwerp: persone
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jul 02 08:10:33 MGT 2024