Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » pompelmoes
pompelmoes [boodskap #127284] Di, 30 Julie 2019 07:51
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19491
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Pompelmoes.
'n Pompelmoes.
pompelmoes
Afbreking: pom•pel•moes



Selfstandige naamwoord: pompelmoes
Meervoud: pompelmoese
Verkleinwoord: pompelmoesie
Meervoud van verkleining: pompelmoesies

Betekenis:
• (plantkunde) 'n Sitrusboom, Citrus maxima of C. grandis.
• (vrug) Die bitter vrug van hierdie boom, die grootste van alle sitrusvrugte.

Gebruik:
• Hy plant 'n pompelmoes.
• 'n Pompelmoes het 'n dik skil, kan tot 30 cm in deursnee word en is selfs nog suurder as 'n pomelo.

Wisselvorm:
• pampelmoes

Sinoniem:
• pomelo

Verwant:
• suurlemoen
• lemmetjie
• lemoen

Vertaling:
Engels: pomelo, pummelo
Nederlands: pompelmoes

Nota:
• Hoewel "pomelo" soms as sinoniem gebruik word, is 'n pomelo (Citrus paradisi) eintlik 'n mutasie van die pompelmoes.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: pomelo
Volgende onderwerp: aandurf
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jul 02 08:22:39 MGT 2024