Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » pylvak
pylvak [boodskap #127278] Ma, 29 Julie 2019 18:56
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19491
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Atlete in die pylvak.
Atlete in die pylvak.
pylvak
Afbreking: pyl•vak
Samestelling: pyl + vak



Selfstandige naamwoord: pylvak
Meervoud: pylvakke
Verkleinwoord: pylvakkie
Meervoud van verkleining: pylvakkies

Betekenis:
• Laaste reguit deel van 'n ren- of atletiekbaan; reguitbaan tussen die laaste draai en die wenstreep.
• (figuurlik) Die einde van 'n lang taak of proses.

Gebruik:
• Die atlete beweeg die pylvak binne.
• Die verkiesing bereik nou sy pylvak.

Vertaling:
Engels: home stretch, the straight

Nota:
• Moenie "pylvak" met "peilvlak" verwar nie.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: huise
Volgende onderwerp: dekade
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jul 02 07:55:44 MGT 2024