Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » slim
slim [boodskap #127276] Ma, 29 Julie 2019 06:37
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19491
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
slim
Afbreking: slim




Byvoeglike naamwoord: slim
Vergrotende trap: slimmer
Oortreffende trap: slimste
Attributief: slim
Intensief: vrekslim

Betekenis:
• Snel van begrip; dinge vinnig en maklik verstaan.
• Aan 'n goeie plan dink.

Gebruik:
• Die slim kind kan al tot 100 tel.
• Sy het 'n slim voorstel gemaak.

Spreekwoord:
• Dom vang vir slim. ['n Slim mens begaan ook foute.]
• Slim vang sy baas. ['n Mens kan jou vasloop deur te slim te wil wees.]
• Pasop as dom Jan vir slim Jan vang. [Moenie probeer om te slim te wees nie anders kom jy in die moeilikheid.]
• Wie nie sterk is nie, moet slim wees. [As 'n mens nie 'n saak met krag kan regmaak nie, moet jy jou verstand gebruik.]

Vergelyking:
• so slim soos die houtjie van die galg

Sinoniem:
• intelligent
• skerpsinnig

Antoniem:
• dom
• dwaas

Afgelei:
• slimme

Vertaling:
Engels: intelligent, bright; clever, smart
Nederlands: slim

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: koerante
Volgende onderwerp: huise
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jul 02 07:56:04 MGT 2024