Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » straat
straat [boodskap #127272] So, 28 Julie 2019 19:55
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19491
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Straat.
'n Straat.
straat
Afbreking: straat




Selfstandige naamwoord: straat
Meervoud: strate
Verkleinwoord: straatjie
Meervoud van verkleining: straatjies

Betekenis:
• Pad tussen die huise in 'n dorp of stad wat dit toeganklik maak.
• Smal deurgang tussen twee seë; 'n see-engte; seestraat.

Gebruik:
• Kerkstraat is 'n historiese straat wat van oos na wes deur Pretoria se middestad geloop het.
• Die Straat van Gibraltar verbind die Atlantiese Oseaan met die Middellandse See.

Spreekwoord:
• Hy is op straat. [Sonder huis wees.]
• As elkeen voor sy eie deur vee, sal die straat skoon wees. [As elkeen sy plig doen, sal daar baie verrig word.]

Hiponiem:
• eenrigtingstraat
• stopstraat
• teerstraat

Afgelei:
• straatgans
• straathoek
• straatkollekte
• straatlamp
• straatlawaai
• straatlig
• straatkaart
• straatveër

Verwant:
• pad
• weg

Vertaling:
Engels: street, road; strait
Nederlands: straat
Swazi: sitaladi
Xhosa: isitrato, isitalato

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: enigiets
Volgende onderwerp: gang
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jul 02 08:09:33 MGT 2024