Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » gesig
gesig [boodskap #127269] So, 28 Julie 2019 18:53
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19491
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Kind se gesig.
'n Kind se gesig.
gesig
Afbreking: gesig
Uitspraak: /χəˈsəχ/




Selfstandige naamwoord: gesig
Meervoud: gesigte
Verkleinwoord: gesiggie
Meervoud van verkleining: gesiggies

Betekenis:
• Voorste deel van die kop waar die mond, oë en neus sit; gelaat; bakkies; aangesig.
• Die vermoë om te sien; aanblik.
• Die gebied/ruimte wat waargeneem word; uitsig.
• 'n Visioen sien.

Gebruik:
• Hy was sy gesig. Haar gesig word gepoeier.
• Oupa lees moeilik, sy gesig is besig om te verswak.
• Ons huis het oor die see uitgekyk, wat 'n asemrowende gesig!
• Siener van Rensburg het 'n gesig gesien.

Spreekwoord:
• Sy vat hom in die gesig. [Sy sê hom sleg.]
• Hy sê haar in die gesig. [Hy sê dit reguit vir haar.]
• 'n Gesig wat net 'n moeder kan liefhê. [Baie lelike persoon.]
• Sonder om 'n gesig te trek. [Sonder om verleë te lyk of jou gevoelens te openbaar.]
• Iemand in die gesig kyk. [Nie weens 'n skuldige gewete vir iemand hoef skaam te wees nie.]
• Waar jy nie self by is nie, word jou gesig nie gewas nie. [Bly by jou goed as jy nie skade wil hê nie.]

Vertaling:
Engels: face; sight; view; vision
Nederlands: gezicht
Xhosa: ubuso
Zoeloe: ubuso

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: verbaas
Volgende onderwerp: enigiets
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jul 02 08:46:23 MGT 2024