Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » stap
stap [boodskap #127264] So, 28 Julie 2019 10:16
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19491
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Mense wat in die sneeu stap.
Mense wat in die sneeu stap.
stap
Afbreking: stap




Selfstandige naamwoord: stap
Meervoud: stappe
Verkleinwoord: stappie
Meervoud van verkleining: stappies

Betekenis:
• Die aksie van vorentoe beweeg deur die een voet voor die ander te sit.
• (figuurlik) 'n Klein beweging na 'n bepaald doel.

Gebruik:
• Hy hoor haar in die gang stap.
• Die proses se sewende stap sal aangepas moet word.

Afgelei:
• staproete
• staptog
• stapvoets

Vertaling:
Engels: step, gait, pace, stride
Nederlands: stap


Werkwoord: stap
Verlede tyd: het gestap
Teenwoordige deelwoord: stappende

Betekenis:
• Stadig met die bene vorentoe beweeg.

Gebruik:
• Sy stap elke oggend op die strand.

Spreekwoord:
• Hy stap met lood in sy skoene. [Teësinnig; onentoesiasties.]

Sinoniem:
• loop
• wandel

Vertaling:
Engels: to walk, step
Nederlands: stappen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: totaal
Volgende onderwerp: iewers
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jul 02 08:38:02 MGT 2024