Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » solank
solank [boodskap #127259] Sa, 27 Julie 2019 19:52
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19491
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
solank
Afbreking: so•lank




Voegwoord: solank

Betekenis:
• Gedurende die tyd wat iets geld; gee 'n tydperk aan waarin aan 'n bepaalde voorwaarde voldoen word.

Gebruik:
• Enige persoon kan 'n wapen voer, solank hy nie op anders se regte inbreuk maak nie.

Sinoniem:
• terwyl

Spreekwoord:
• Buig die boompie solank hy jonk is. [Vorm die kind se karakter terwyl hy nog klein is.]
Solank as wat die lepel in die pappot staan. [Solank as daar iets is om te eet.]
Solank daar lewe is, is daar hoop. [As jy nog lewe, kan jy sak nog beïnvloed.]
Solank die voël vlieg, kan enigeen skiet. [Solank 'n meisie ongetroud is, kan enigeen by haar gaan vlerksleep.]

Vertaling:
Engels: as long as
Nederlands: zolang


Bywoord: solank

Betekenis:
• Gedurende dié tyd.

Gebruik:
• Ek gaan kos haal. Jy kan solank hier wag.

Sinoniem:
• intussen

Vertaling:
Engels: in the meantime
Nederlands: zolang

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kuier
Volgende onderwerp: hel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jul 02 08:07:20 MGT 2024