Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vry
vry [boodskap #127257] Sa, 27 Julie 2019 19:02
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19491
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vry
Afbreking: vry
Uitspraak: /frəɪ̯/




Byvoeglike naamwoord: vry
Vergrotende trap: vryer
Oortreffende trap: vryste
Attributief: vry, vrye
Partitief: vrys
Intensief: skotvry, tolvry, voëlvry

Betekenis:
• Nie onder iemand se beheer of in gevangenskap nie; sonder beperking, belemmering, dwang of verpligting; ongebonde en ongehinderd.
• Nie meer besig nie; beskikbaar wees.
• Sonder kostes of ander beperkings/ verpligtinge; gratis.

Gebruik:
• Voel vry om boodskappe op die forum te pos. Dis jou vrye keuse of jy dit wil doen of nie.
• Na skool is ons vry. Sy lees graag in haar vrye tyd.
• Toegang is vry.

Spreekwoord:
• Dit staan jou vry. [Jy kan doen wat jy wil.]
• Hy kry vry losies. [Hy gaan tronk toe.]
• Vra is vry en weier daarby. [Iemand kan enigiets vra, maar dis nie te sê dat hy dit sal kry nie.]

Vergelyking:
• So vry soos 'n voël (op 'n tak).

Afgelei:
• vryhandel
• vryheid
• vryspraak

Vertaling:
Engels: free, unconstrained; vacant
Latyn: liber
Nederlands: vrij
Xhosa: -khululekile
Zoeloe: -khululekile


Werkwoord: vry
Verlede tyd: het gevry
Teenwoordige deelwoord: vryende

Betekenis:
• Soen en vatterig verkeer; mekaar liefkoos en liefde maak.

Gebruik:
• Hulle vry skelm agter die kraalmuur.

Afgelei:
• vryer

Vertaling:
Engels: to make love, woo, court, flirt
Nederlands: vrijen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: getoë
Volgende onderwerp: kuier
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jul 02 08:37:05 MGT 2024