Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » hof
hof [boodskap #127248] Sa, 27 Julie 2019 07:51
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19491
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
hof
Afbreking: hof




Selfstandige naamwoord: hof
Meervoud: howe
Verkleinwoord: hoffie
Meervoud van verkleining: hoffies

Betekenis:
• (juridies) 'n Instelling wat regspraak lewer; gebou waarin regsake verhoor word.
• Na iemand vry; vlerk sleep.
• Omheinde stuk grond of tuin.
• Woonplek of setel van 'n koninklike.

Gebruik:
• Sy is voor die hof gedaag.
• Hy maak die meisie die hof.
• Sy plant rose in die kasteel se hof.
• Die adellikes is na die hof van Versailles genooi.

Hiponiem:
• appèlhof
• arbeidshof
• arbitrasiehof
• boendoehof
• egskeidingshof
• geregshof
• hooggeregshof
• jeughof
• kerkhof
• landdroshof
• skynhof
• strafhof
• streekhof

Afgelei:
• hofbevel
• hofgebou
• hofgetuienis
• hofrol
• hofsaak
• hofsitting

Vertaling:
Engels: court; garden, yard
Nederlands: hof

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: trots
Volgende onderwerp: stadium
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jul 02 07:59:53 MGT 2024