Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » ruk
ruk [boodskap #127246] Sa, 27 Julie 2019 07:11
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19491
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ruk
Afbreking: ruk




Selfstandige naamwoord: ruk
Meervoud: rukke
Verkleinwoord: rukkie
Meervoud van verkleining: rukkies

Betekenis:
• 'n Skielike trekbeweging.
• 'n Tydjie; periode sonder onderbreking.

Gebruik:
• Hy gee 'n ruk na links en pluk die tou dan regs.
• Sy is oorlede nadat haar gesondheid 'n ruk lank agteruitgegaan het.

Vertaling:
Engels: jerk, pull, tug; short while
Nederlands: ruk


Werkwoord: ruk
Verlede tyd: het geruk
Teenwoordige deelwoord: rukkende

Betekenis:
• Om 'n sterk, skielike beweging te maak.
• Om 'n persoon met slegte nuus te skok.

Gebruik:
• Hy ruk sy pistool uit. Sy ruk soos sy skrik.
• Die nuus van sy pa se dood ruk hom.

Spreekwoord:
• Hy ruk my sak. [Hy laat my te veel betaal.]
• Iemand in die bek ruk. [Iemand berispe.]
• Sy ruk die woorde uit verband. ['n Doelbewuste verkeerde vertolking aan woorde gee.]

Vertaling:
Engels: to pull; to shudder
Nederlands: rukken

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: haat
Volgende onderwerp: trots
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jul 02 08:22:57 MGT 2024