Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » skoon
skoon [boodskap #127244] Vr, 26 Julie 2019 20:47
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19491
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
skoon
Afbreking: skoon
Uitspraak: /skʊə̯n/




Byvoeglike naamwoord: skoon
Vergrotende trap: skoner
Oortreffende trap: skoonste
Attributief: skone
Intensief: silwerskoon, beeldskoon, kristalskoon, blinkskoon, wonderskoon, kraakskoon, skitterskoon

Betekenis:
• Gewas en nie meer vuil nie; netjies en rein.
• Mooi; lieflik.

Gebruik:
• Maak jou kamer skoon.
• Hy vergaap hom aan die skone dame.

Spreekwoord:
• Begin met 'n skoon lei. [Van nuuts af begin.]
• Die een dag volop, die ander dag skoon op. [Spandabelrig wees.]
• Die see kan hom nie skoon was nie. [Hy is 'n baie slegte persoon.]
• Uiterlik skoon is slegs vertoon. [Ware skoonheid setel in die innerlike.]
• As twee hande mekaar was, word albei skoon. [Deur 'n ander te help, word 'n mens self gehelp.]
• Vandag volop, môre skoon op. [Gesê van mense wat oordadig lewe sonder sorg vir die toekoms.]
• As elkeen voor sy eie deur vee, sal die straat skoon wees. [As elkeen sy plig doen, sal daar baie verrig word.]
• Nuwe besems vee skoon. [Nuwe werkers werk goed, maar ’n mens weet nie hoe deeglik hulle hulle vorentoe van hul taak gaan kwyt nie.]

Antoniem:
• vuil

Vertaling:
Engels: clean, cleansed, pure; fine, beautiful, pretty, handsome
Nederlands: schoon


Bywoord: skoon

Betekenis:
• Totaal en al; heeltemal.

Gebruik:
• Hy het skoon vergeet van die afspraak.

Vertaling:
Engels: completely
Nederlands: schoon

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: heelwat
Volgende onderwerp: haat
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jul 02 07:59:51 MGT 2024