Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vriendelik
vriendelik [boodskap #127238] Vr, 26 Julie 2019 18:54
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19491
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vriendelik
Afbreking: vrien•de•lik
Samestelling: vriend + -elik




Byvoeglike naamwoord: vriendelik
Vergrotende trap: vriendeliker
Oortreffende trap: vriendelikste
Attributief: vriendelike
Partitief: vriendeliks
Intensief: doodvriendelik, katvriendelik

Betekenis:
• Met 'n glimlag op jou gesig en gaaf teenoor ander mense; met die nodige respek en agting; welwillend; goedgunstig; aangenaam.

Gebruik:
• Dis vriendelik van jou om die ou dame oor die straat te help.

Sinoniem:
• gaaf

Antoniem:
• onvriendelik
• nors
• vyandelik

Afgelei:
• gebruikersvriendelik
• vriendelikheid

Vertaling:
Engels: friendly, kind, amicable, nice, good-natured
Nederlands: vriendelijk

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: gesprek
Volgende onderwerp: vriendelike
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jul 02 08:31:38 MGT 2024