Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » roggel
roggel [boodskap #127234] Vr, 26 Julie 2019 15:27
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19491
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
roggel
Afbreking: rog•gel



Selfstandige naamwoord: roggel
Meervoud: roggels
Verkleinwoord: roggeltjie
Meervoud van verkleining: roggeltjies

Betekenis:
• Klank van slym of bloed wat die lugpyp verstop as iemand probeer asem haal.

Gebruik:
• Die roggel word al erger. Dit klink soos 'n doodsroggel!

Vertaling:
Engels: rattle in the throat, death-rattle, rattle, ruckle
Nederlands: roggel


Werkwoord: roggel
Verlede tyd: het geroggel

Betekenis:
• Keelgeluid as iemand se lugpyp met vog gevul is.

Gebruik:
• Die asmalyer roggel terwyl hy verbete na sy pompie soek.
• Tussendeur die geroggel sluk die man vlak asemteue, asof hy verdrink.

Vertaling:
Engels: to rattle, ruckle
Nederlands: roggelen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: enigiemand
Volgende onderwerp: selfstandig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jul 02 08:21:05 MGT 2024