Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » skiet
skiet [boodskap #127231] Vr, 26 Julie 2019 06:26
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19491
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Man wat met 'n geweer skiet.
Man wat met 'n geweer skiet.
skiet
Afbreking: skiet
Uitspraak: /skit/




Werkwoord: skiet
Verlede tyd: het geskiet
Teenwoordige deelwoord: skietende

Betekenis:
• Om 'n projektiel met 'n wapen (soos 'n rewolwer, geweer, kanon of 'n kettie) af te vuur.
• Om vinnig te beweeg.
• (plantkunde) Opkom; ontkiem; sade vorm.

Gebruik:
• Moenie skiet nie! Die jagter skiet 'n bok.
• Die kar skiet vorentoe en tref die randsteen.
• Die boom skiet wortels/saad.

Spreekwoord:
• Hy skiet spek. [Onwaarhede vertel.]
• Dit skiet my te binne. [Skielik onthou.]
• Sonder kruit 'n bok skiet. ['n Flater begaan.]
• Vleis braai voor jy die bok skiet. [Op iets staatmaak voor jy daar sekerheid oor het.]
• Solank die voël vlieg, kan enigeen skiet. [Solank 'n meisie ongetroud is, kan enigeen by haar gaan vlerksleep.]

Hiponiem:
• boogskiet

Afgelei:
• skietbaan
• skieter
• skietery
• skietgat
• skietgoed
• skietlood
• skietoefening
• skietsertifikaat
• skietstilstand
• skietterrein
• skietwerk

Vertaling:
Engels: to shoot, fire, blast
Nederlands: schieten

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: saamstem
Volgende onderwerp: enigiemand
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jul 02 08:37:56 MGT 2024