Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » liewer
liewer [boodskap #127228] Vr, 26 Julie 2019 05:55
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19491
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
liewer
Afbreking: lie•wer



Byvoeglike naamwoord: lief
Vergrotende trap: liewer
Oortreffende trap: liefste
Attributief: liewe

Betekenis:
• Vergrotende trap van lief. Meer lief/ vriendelik/ sagaardig as iets of iemand anders.

Gebruik:
• Ek is liewer vir my hond as vir my kat.

Vertaling:
Engels: loving, dear, sweet, kind, charming
Nederlands: liever


Bywoord: liewer

Betekenis:
• Eerder; by voorkeur.

Gebruik:
• Ek wil liewer gaan uiteet.

Spreekwoord:
Liewer laat as nooit. [Liewer laat as glad nie.]
• Ek sien hom liewer gaan as kom. [Ek hou nie van hom nie.]
• Iemand liewer van agter van voor sien. [Liewer sien weggaan as kom.]
Liewer bang Jan as dooie Jan. [Liewer lafhartig as dood.]
Liewer bieg as lieg. [Dit doen 'n mens goed om met die waarheid uit te kom as 'n fout begaan is.]
Liewer dood as uit die mode. [Doen enigiets om in die mode te wees.]
Liewer klein heer as groot kneg. [Liewer op klein skaal baas as ryk en 'n ondergeskikte.]
Liewer 'n lewendige hond as 'n dooie leeu. [Dis beter om versigtiger te wees as om jou aan gevare bloot te stel.]
Liewer 'n goeie buurman as 'n verre vriend. [Iemand wat naby is, kan meer hulp verleen as die beste vriend wat ver is.]

Wisselvorm:
• liewers
• liewerste
• liewerster

Vertaling:
Engels: rather, preferably
Nederlands: liever

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: internet
Volgende onderwerp: waardeer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jul 02 07:56:31 MGT 2024