Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » internet
internet [boodskap #127227] Do, 25 Julie 2019 20:49
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19491
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Navigeer die internet met 'n webleser.
Navigeer die internet met 'n webleser.
internet
Afbreking: in•ter•net
Samestelling: inter + net(werk)




Selfstandige naamwoord: internet
Meervoud: internette

Betekenis:
• (kommunikasie) Wêreldwye netwerk van rekenaars met 'n gemeenskaplik gestandaardiseerde protokol (geen meervoud).
• (rekenaarwetenskap) Enige rekenaarnetwerk wat met die internetprotokol (IP) kommunikeer en dus van IP-tegnologie gebruik maak.

Gebruik:
• Een van die redes vir die Internet se sukses is dat dit in sy geheel aan niemand behoort nie en kommunikasie daarop feitlik onbeperk is.
• Dit is moontlik om honderde internette te verbind sonder om van die publieke Internet gebruik te maak.

Sinoniem:
• kuberruimte
• wêreldwye web

Afgelei:
• internetaansluiting
• internetadres
• internetgebruiker
• internetkafee
• internetrubriek
• internetverkeer
• internetterme
• internettoegang

Verwant:
• intranet
• ekstranet

Vertaling:
Nederlands: internet
Engels: internet

Nota:
• Internet word soms met 'n hoofletter geskryf om aan te toon dat dit dié Internet is, wat uit talle kleiner internette (met 'n kleinletter) saamgestel is. Talle publikasies skyf dit egter met 'n kleinletter, gewoonlik in nie-vakgerigte artikels waar die onderskeid nie getref of verstaan word nie.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: slaap
Volgende onderwerp: liewer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jul 02 08:41:46 MGT 2024