Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » slaap
slaap [boodskap #127226] Do, 25 Julie 2019 20:13
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19491
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Kind wat slaap.
'n Kind wat slaap.
slaap
Afbreking: slaap




Selfstandige naamwoord: slaap
Meervoud: slape
Verkleinwoord: slapie
Meervoud van verkleining: slapies

Betekenis:
• Periode van inaktiwiteit waartydens die oë toe is en die liggaam rus.
• Opgedroogde afskeiding van die oë.
• (anatomie) Sykant van die kop tussen die oog en die oor.

Gebruik:
• Hy snork as hy slaap.
• Sy vee die slaap uit haar oë.
• Die skurk druk sy pistool teen die slagoffer se slaap.

Hiponiem:
• somerslaap
• winterslaap

Afgelei:
• slaapbank
• slaaptyd
• slaapkamer
• slaaploos
• slapeloos

Vertaling:
Engels: sleep, rest; temple
Nederlands: slaap


Werkwoord: slaap
Verlede tyd: het geslaap
Teenwoordige deelwoord: slapende

Betekenis:
• Inaktiwiteit waartydens die oë toe is en die liggaam rus.
• Nie konsentreer nie.
• Steekgevoel in die ledemate.

Gebruik:
• Hy slaap al te lekker.
• Sy sit oopoë in die klas en slaap.
• My been slaap.

Spreekwoord:
• Met die hoenders gaan slaap. [Baie vroeg gaan slaap.]
• 'n Sloot in die dag slaap. [Baie laat opstaan.]
• Soos jy jou bed maak, so sal jy daarop slaap. [n Mens dra die gevolge van jou dade.]
• Jou uittrek voor jy gaan slaap. [Jou erfgename hul erfdeel laat kry terwyl jy nog lewe.]
• 'n Jakkals wat slaap, tel hoenders in sy drome. [Wanneer 'n skelm nie sy streke uitvoer nie, maak hy planne.]

Vergelyking:
Slaap soos 'n klip.

Antoniem:
• waak

Vertaling:
Engels: to sleep, be asleep, slumber; pins and needles
Nederlands: slapen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: skalpel
Volgende onderwerp: internet
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jul 02 08:14:10 MGT 2024