Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » elkeen
elkeen [boodskap #127224] Do, 25 Julie 2019 19:32
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19491
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
elkeen
Afbreking: elk•een




Voornaamwoord: elkeen

Betekenis:
• Elke item of individu van 'n groep.

Gebruik:
• God het die mensdom só liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore gaan nie, maar die ewige lewe sal hê. [Johannes 3:15]

Spreekwoord:
Elkeen moet sy kruis dra. [Elkeen moet sy eie moeilikhede dra.]
Elkeen dink sy uil is 'n valk. [Elkeen dink sy eie is die beste.]
Elkeen is baas op sy eie erf. [Elkeen kan in sy eie huis maak soos hy wil.]
Elkeen is homself die allernaaste. [Elkeen sorg vir homself heel eerste.]
Elkeen is 'n dief in sy nering. [Elkeen sorg vir homself eerste.]
• As elkeen voor sy eie deur vee, sal die straat skoon wees. [As elkeen sy plig doen, sal daar baie verrig word.]

Sinoniem:
• elk
• ieder
• iedereen

Antoniem:
• geeneen

Vertaling:
Engels: each one, everyone, everybody, anyone
Nederlands: elkeen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: brief
Volgende onderwerp: skalpel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jul 02 08:03:18 MGT 2024