Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » bloed
bloed [boodskap #127211] Wo, 24 Julie 2019 20:07
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19491
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Rugbyspeler met bloed op sy gesig.
'n Rugbyspeler met bloed op sy gesig.
bloed
Afbreking: bloed
Uitspraak: /blut/




Selfstandige naamwoord: bloed
Meervoud:

Betekenis:
• Rooi vloeistof in die menslike en dierlike liggaam.
• Afkoms; herkoms.

Gebruik:
Bloed vervoer suurstof van die longe na die res van die liggaam.
• Sy het koninklike bloed in haar are. Ons is tog van dieselfde bloed.

Spreekwoord:
• Sy bloed kook. [Hy is baie kwaad.]
• Hy sweet bloed. [Baie swaar kry.]
Bloed is dikker as water. [Jy doen meer vir jou bloedverwante as ander kennisse.]
Bloed kruip waar dit nie kan loop nie. [Jou ware aard en afkoms kan nie verborge bly nie.]
Bloed uit 'n klip tap. [Die onmoontlike probeer doen; te veel eis.]
• Daar kleef bloed aan die geld. [Dis geld wat vir verraad ontvang is.]
• Hy dors na bloed. [Hy wil wraak neem.]
• Sy het blou bloed. [Sy is van hoë afkoms.]
• Hy sal goed en bloed opoffer. [Hy sal alles vir die saak doen.]
• Iemand se bloed in sy are laat stol. [Iemand baie groot laat skrik.]

Afgelei:
• bloedarmoede
• bloedbank
• bloedbelope
• bloedgroep
• bloedig
• bloedskande
• bloedskenker
• bloedstroom
• bloedverwant

Vertaling:
Engels: blood; kindred
Nederlands: bloed

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: lief
Volgende onderwerp: roetekaart
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jul 02 08:04:14 MGT 2024