Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » hael
hael [boodskap #127206] Wo, 24 Julie 2019 14:56
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19491
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Haelsteen.
'n Haelsteen.
hael
Afbreking: hael




Selfstandige naamwoord: hael
Meervoud:
Verkleinwoord: haeltjie
Meervoud van verkleining: haeltjies

Betekenis:
• Reëndruppels wat verys het. Korrels ys wat as neerslag uit die hemel val.

Gebruik:
• Die hael het 5 cm dik op ons grasperk gelê.

Spreekwoord:
• Hy is so bang soos 'n bok vir 'n skoot hael. [Baie bang wees.]

Afgelei:
• haelbui
• haelkorrel
• haelsteen
• haelstorm

Homofoon:
• haal (êrens heen gaan om iets terug te bring)

Vertaling:
Engels: hail
Nederlands: hagel


Werkwoord: hael
Verlede tyd: het gehael

Betekenis:
• Soos haelkorrels op die aarde neerreën.

Gebruik:
• Dit hael nou erg.

Vertaling:
Engels: to hail
Nederlands: hagelen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bleik
Volgende onderwerp: kunsvlyt
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jul 02 08:40:52 MGT 2024