Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » bos
bos [boodskap #127203] Wo, 24 Julie 2019 08:11
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19491
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Bos.
'n Bos.
bos
Afbreking: bos
Uitspraak: /bɔs/




Selfstandige naamwoord: bos
Meervoud: bosse
Verkleinwoord: bossie
Meervoud van verkleining: bossies

Betekenis:
• 'n Klomp bome saam; woud.
• 'n Struikagtige gewas wat laag groei.
• 'n Klomp goed wat saam gebind is.

Gebruik:
• Dit is gevaarlik om alleen in die bos te loop.
• Kap die bos uit.
• Hy het vir haar 'n bos blomme gegee.

Spreekwoord:
• Om die bos lei. [Iemand bedrieg.]
• Onder een bos sit. [In alles saamstem.]
• Agter elke bos uitskop. [Dit is volop.]
• Hulle is agter die bos getroud. [Hulle is nie wettig getroud.]
• Hy gooi 'n klip in die bos. [Reaksie uitlok deur 'n uitdagende bewering te maak.]
• Deur die bome nie die bos sien nie. [Die geheel nie kan sien nie as gevolg van te veel kleinighede.]
• Sy loop deur die hele bos om die kromste lat te sny. ['n Meisie wat baie kêrels gehad het, maar met die treurigste trou.]

Afgelei:
• bosbewaring
• bosbedryf
• bosbewaarder
• bosbewoner
• bosbou
• boswerker
• boswese

Vertaling:
Engels: forest, wood; bush, shrub; bunch, bundle, sheaf, bouquet
Nederlands: bos

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: eendag
Volgende onderwerp: meteoriet
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jul 02 08:34:06 MGT 2024