Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » saal
saal [boodskap #127201] Wo, 24 Julie 2019 07:18
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19491
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Die binnekant van 'n saal.
Die binnekant van 'n saal.
saal
Afbreking: saal




Selfstandige naamwoord: saal
Meervoud: sale
Verkleinwoord: saaltjie
Meervoud van verkleining: saaltjies

Betekenis:
• Groot vertrek in 'n gebou waar mense kan saamkom.

Gebruik:
• Die saal is vir optredes aan 'n groep kunstenaars verhuur.

Afgelei:
• eetsaal
• gehoorsaal
• gemeenskapsaal
• hospitaalsaal
• kerksaal
• raadsaal
• skoolsaal
• sportsaal
• stadsaal
• vergadersaal

Vertaling:
Engels: hall, room, ward
Nederlands: zaal

'n Perd met 'n saal op sy rug.
'n Perd met 'n saal op sy rug.

Selfstandige naamwoord: saal
Meervoud: saals
Verkleinwoord: saaltjie
Meervoud van verkleining: saaltjies

Betekenis:
• Sitplek wat op 'n fiets, motorfiets of 'n perd se rug gemonteer word.

Gebruik:
• Die delwer wat die diamant gevind het, is met £ 500 kontant, 'n perd, saal en toom beloon.

Spreekwoord:
• Iemand uit die saal lig. [Iemand uit 'n posisie kry en dit dan self inneem.]
• Stewig in die saal sit. [Goed gevestig wees in die pos.]

Afgelei:
• rysaal

Vertaling:
Engels: saddle, seat
Nederlands: zadel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: here
Volgende onderwerp: eendag
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jul 02 08:17:49 MGT 2024