Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » here
here [boodskap #127200] Di, 23 Julie 2019 20:03
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19491
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
here
Afbreking: here



Selfstandige naamwoord: heer
Meervoud: here
Verkleinwoord: heertjie
Meervoud van verkleining: heertjies

Betekenis:
• Meervoud van heer; meer as een heer. Manlike persone of meesters.

Gebruik:
• Dames en here, hartlik welkom by ons konsert.

Spreekwoord:
• Niemand kan twee here dien nie. [Nie aan twee dinge tegelyk aandag wy of twee partye aanhang nie.]

Vertaling:
Engels: gentlemen; lord, master
Nederlands: heren


Eienaam: Here

Betekenis:
• (religie) Die naam van God, die Heer.
• 'n Verwysing na Jesus Christus.

Gebruik:
• Verbly julle altyd in die Here; ek herhaal: Verbly julle! [Filippense 4:4]
• Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees sy met julle almal! Amen. [II Korinthiërs 13:13]

Vertaling:
Engels: Lord
Nederlands: Here

Nota:
• Die naam van God word altyd met 'n hoofletter geskryf.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: hoogtepunt
Volgende onderwerp: saal
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jul 02 08:02:23 MGT 2024