Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » droom
droom [boodskap #127198] Di, 23 Julie 2019 18:54
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18904
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Man wat droom.
'n Man wat droom.
droom
Afbreking: droom




Selfstandige naamwoord: droom
Meervoud: drome
Verkleinwoord: droompie
Meervoud van verkleining: droompies

Betekenis:
• Beelde wat mens sien en gedagtes wat jy kry as jy slaap.
• Iets wat baie mooi of lekker is, of iets wat jy hoop eendag waar sal word.

Gebruik:
• Hy het 'n nare droom oor drake gehad.
• Haar groot droom is om eendag 'n Porche te ry.

Spreekwoord:
• Ek help hom uit sy droom. [Iemand vertel hoe 'n saak werk.]

Verwant:
• droomland
• dagdroom
• nagmerrie

Vertaling:
Engels: dream
Nederlands: droom


Werkwoord: droom
Verlede tyd: het gedroom
Teenwoordige deelwoord: dromende

Betekenis:
• Die bewuswording van beelde en gebeurtenisse terwyl jy slaap.
• As jou gedagtes afdwaal van waarmee besig is.

Gebruik:
• Hy droom oor 'n verlate eiland vol mooi meisies.
• Terwyl sy werk droom sy van 'n vakansie by die see.

Vertaling:
Engels: to dream
Nederlands: dromen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: pleegpa
Volgende onderwerp: hoogtepunt
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 06 06:16:50 MGT 2024