Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » moer
moer [boodskap #127185] Ma, 22 Julie 2019 18:27
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19491
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Verskillende soorte moere.
Verskillende soorte moere.
moer
Afbreking: moer




Selfstandige naamwoord: moer
Meervoud: moere
Verkleinwoord: moertjie
Meervoud van verkleining: moertjies

Betekenis:
• 'n Blokkie met 'n gat wat van skroefdraad voorsien is wat op 'n bout vasgedraai word.
• 'n Aartappel wat uitloop.
• Afsaksel; sediment.

Gebruik:
• Draai die moer met die moersleutel vas.
• Plant die moere agter die motorhuis.
• Die koffie se moer word op die plante gegooi.

Hiponiem:
• aartappelmoer
• koffiemoer

Afgelei:
• moerkoffie
• moersleutel
• moerskroef

Vertaling:
Engels: nut; seed tuber; dregs, lees, sediment
Nederlands: moer


Werkwoord: moer
Verlede tyd: het gemoer
Teenwoordige deelwoord: moerende

Betekenis:
• Om iemand hard te slaan.

Gebruik:
• Ek gaan jou moer as jy aan my neuk!

Vertaling:
Engels: to hit, beat

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: media
Volgende onderwerp: bout
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jul 02 08:03:01 MGT 2024