Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vas
vas [boodskap #127181] Ma, 22 Julie 2019 16:00
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19491
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vas
Afbreking: vas




Byvoeglike naamwoord: vas
Vergrotende trap: vaster
Oortreffende trap: vasste
Attributief: vaste
Intensief: bankvas, doodvas, rotsvas

Betekenis:
• Wat stewig verbind is en nie maklik kan skuif, beweeg of verander nie.
• Besig met iets anders.

Gebruik:
• Die knapsekêrel sit aan my trui vas.
• Ek is vas en sal nie die vergadering kan bywoon nie.

Spreekwoord:
• Hy trap sy lip vas. [Hy is nukkerig.]
• Los en vas praat. [Onverantwoordelike dinge sê.]
• Hou jou duim vas. [Hoop dat iemand suksesvol is.]
Vas in jou skoene staan. [Seker van jou saak wees.]
• Hy steek vas in sy vier spore. [ Gaan staan doodstil.]
• Tussen die bas, meer los as vas. [Taamlik middelmatig.]
• So vas soos 'n muis in 'n kalbas. [Heeltemal vasgekeer.]
• Sy kyk teen haar ooglede vas. [Iets wat naby is nie raaksien nie.]
• Sy plaat haak vas. [Iemand praat aanhoudend oor dieselfde onderwerp.]
• Nie werd om iemand se skoenriem vas te maak nie. [Heeltemal iemand se mindere wees.]
• Dit sit so vas soos klitsgras aan hom. [Gesê van iemand wat 'n ander nie alleen kan laat staan.]

Antoniem:
• los

Afgelei:
• vashou
• vaskeer
• vasmaak
• vassit
• vasstel
• vastrap

Vertaling:
Engels: firm, tight, fixed, permanent; busy
Nederlands: vast


Werkwoord: vas
Verlede tyd: het gevas
Teenwoordige deelwoord: vastend, vastende

Betekenis:
• Om jouself van sekere dinge (soos kos) te weerhou, meestal om godsdienstige redes.

Gebruik:
• Hy is besig om te vas.

Vertaling:
Engels: to fast
Nederlands: vasten

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: gevoel
Volgende onderwerp: addisioneel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jul 02 08:26:07 MGT 2024