Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » drink
drink [boodskap #127158] So, 21 Julie 2019 06:36
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19432
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Seun wat by 'n fonteintjie water drink.
Seun wat by 'n fonteintjie water drink.
drink
Afbreking: drink




Werkwoord: drink
Verlede tyd: het gedrink
Teenwoordige deelwoord: drinkende

Betekenis:
• Vloeistof inneem, tipies deur die mond of wortels.
• Alkohol gebruik.

Gebruik:
Drink bietjie water as jy dors is.
• Die man drink soos 'n vis.

Spreekwoord:
• Hy drink kasaterwater. [Baie flou koffie of tee.]
• Hy drink 'n bitter kelk. [Rampspoed ervaar.]
• Hy drink kromhoutsap. [Hy is dronk.]
• Koffie drink soos die kan dit skink. [Tevrede wees met wat jy kry.]
• 'n Mens moet nooit sê: Fonteintjie, ek sal nooit weer van jou drink nie. [Moenie so seker wees dat jy iets of iemand se hulp nooit weer sal benodig nie.]

Sinoniem:
• suip

Vertaling:
Engels: to drink
Nederlands: drinken

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: konveks
Volgende onderwerp: keuse
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 26 12:25:36 MGT 2024