Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » boodskap
boodskap [boodskap #127150] Sa, 20 Julie 2019 10:13
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19491
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
boodskap
Afbreking: bood•skap




Selfstandige naamwoord: boodskap
Meervoud: boodskappe
Verkleinwoord: boodskappie
Meervoud van verkleining: boodskappies

Betekenis:
• 'n Tyding wat gestuur of êrens gelos is; berig wat mondeling of skriftelik oorgebring word.
• Kommunikasie wat op 'n ontvanger of groep ontvangers gerig is.

Gebruik:
• As die tyd reg is sal ek 'n geheime boodskap aan jou stuur.
• Wat se boodskap stuur ons as iemand moeite doen om 'n saak te bespreek, en ons dit telkens sensuur?

Spreekwoord:
• Goedkoop ink is beter as 'n duur boodskap. ['n Skriftelike boodskap kan nie verkeerd verstaan word nie.]

Sinoniem:
• berig
• mededeling
• tyding

Hiponiem:
• foutboodskap
• kersboodskap
• radioboodskap
• statusboodskap
• stemboodskap
• teksboodskap
• telefoonboodskap
• videoboodskap

Afgelei:
• boodskapper

Vertaling:
Engels: message, errand, annunciation
Nederlands: boodschap


Werkwoord: boodskap
Verlede tyd: het geboodskap

Betekenis:
• 'n Boodskap oordra; meedeel.

Gebruik:
Boodskap die nuus aan hoofkantoor.

Vertaling:
Engels: to bring word, inform
Nederlands: boodschappen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: rond
Volgende onderwerp: slaan
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jul 02 08:07:32 MGT 2024