Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kous
kous [boodskap #127142] Vr, 19 Julie 2019 21:00
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19482
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Lekker warm winterkouse.
Lekker warm winterkouse.
kous
Afbreking: kous




Selfstandige naamwoord: kous
Meervoud: kouse
Verkleinwoord: kousie
Meervoud van verkleining: kousies

Betekenis:
• 'n Kledingstuk wat die voet en 'n deel van die been bedek.

Gebruik:
• My kous het 'n gat in en moet gestop word.
• Trek jou kouse op.

Spreekwoord:
• Daar is 'n aartappel in jou kous. [Jou kous is stukkend.]
• Hy is met die kous oor die kop huis toe. [Teleurgesteld terugkom.]
• Tot die naatjie van die kous wil weet. [Tot in die fynste besonderhede wil weet.]

Sinoniem:
• sokkie

Afgelei:
• draaikous
• drekkous
• klakous
• kletskous
• neulkous
• nylonkous
• skoolkous
• sykous
• wolkous

Vertaling:
Engels: stocking, sock
Nederlands: kous

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sokkie
Volgende onderwerp: arme
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jul 01 08:05:22 MGT 2024