Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » sokkie
sokkie [boodskap #127141] Vr, 19 Julie 2019 20:47
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19459
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Sokkies
Sokkies
'n Sokkie.
'n Sokkie.
sokkie
Afbreking: sok•kie




Selfstandige naamwoord: sokkie
Meervoud: sokkies
Verkleinwoord: sokkietjie
Meervoud van verkleining: sokkietjies

Betekenis:
• 'n Kort kous; kous wat tot net bo die enkel kom en nie hoër as die kuit reik nie.
• 'n Sosiale dans wat saam met 'n maat gedans word, veral gewild onder Afrikaners.

Gebruik:
• My sokkie het 'n gat wat moet gestop moet word.
• Hy vra 'n meisie om saam met hom na die sokkie te gaan.

Sinoniem:
• kous

Vertaling:
Engels: sock; barn dance
Nederlands: sok; boerendans


Werkwoord: sokkie
Verlede tyd: het gesokkie

Betekenis:
• Informeel dans.

Gebruik:
• Ons gaan lekker sokkie vanaand!

Vertaling:
Engels: to dance
Nederlands: dansen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bokkerol
Volgende onderwerp: kous
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 29 03:58:21 MGT 2024