Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » hang
hang [boodskap #127123] Wo, 17 Julie 2019 20:53
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19491
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Kind wat onderstebo aan 'n swaai hang.
Kind wat onderstebo aan 'n swaai hang.
hang
Afbreking: hang
Uitspraak: /ɦaŋ/




Werkwoord: hang
Verlede tyd: het gehang
Teenwoordige deelwoord: hangende

Betekenis:
• Om iets hoog vas te maak sodat dit na onder strek.
• Om in die lug te sweef (soos mis, rook en wolke).
• Aan 'n galg vermoor.

Gebruik:
• Die portret hang teen die muur.
• Die reuk van kos hang in die lug.
• Die moordenaar is gehang.

Spreekwoord:
• Die ore laat hang. [Moed verloor.]
• Sy lip/onderlip hang. [Hy voel teleurgesteld.]
• Dit hang nog in die lug. [Dis nog onseker.]
• Hy hang aan haar lippe. [Luister aandagtig.]
• Hy hang dit aan die groot klok. [Oral rondvertel.]
• Hy is tussen hang en wurg. [Tussen twee groot moeilikhede.]
• Hy laat sy arms slap hang. [Hy word moedeloos.]
• Jou seil na die wind hang. [Jou na omstandighede skik.]
• Sy lewe hang aan 'n draadjie. [Verkeer in baie groot gevaar.]
• Daar bly baie aan die strykstok hang. [Wie in beheer is, eien hulle baie toe.]
• Die vlag halfstok laat hang. [Eer betoon aan 'n belangrike persoon wat oorlede is.]
• Die vlerk laat hang. [Mismoedig, moedeloos wees.]
• Die klok hoor lui, maar nie weet waar die bel hang. [Iets van 'n saak gehoor, maar weet niks van die besonderhede.]
• 'n Gierigaard is dood aan die kant waar die beurs hang. ['n Gierige persoon luister nie as daar geld gevra word nie.]
• Bou 'n galg vir ander, dan hang jy self daar aan. [As jy 'n ander in die moeilikheid wil bring, oorval die ongeluk jou dikwels self.]

Afgelei:
• hangkas
• loshang
• oorhang
• ophang

Vertaling:
Engels: to hang, suspend
Nederlands: hangen


Selfstandige naamwoord: hang
Meervoud: hange
Verkleinwoord: hangetjie
Meervoud van verkleining: hangetjies

Betekenis:
• Skuins gedeeltes teen berge en heuwels; steil gebied; helling.

Gebruik:
• Ons stap die hang uit.

Sinoniem:
• helling

Vertaling:
Engels: slope
Nederlands: hang

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: uur
Volgende onderwerp: skuld
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jul 02 08:09:37 MGT 2024