Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » uur
uur [boodskap #127122] Wo, 17 Julie 2019 20:14
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19491
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Horlosie wat in 12 ure uitgemeet is.
'n Horlosie wat in 12 ure uitgemeet is.
uur
Afbreking: uur
Uitspraak: /yr/




Selfstandige naamwoord: uur
Meervoud: ure
Verkleinwoord: uurtjie
Meervoud van verkleining: uurtjies

Betekenis:
• 'n Eenheid waarmee tyd gemeet word, gelyk aan sestig minute of 'n 1/24ste van die omwenteling van die Aarde.
• 'n Tyd van die dag
• 'n Bepaalde oomblik of tydstip.

Gebruik:
• 'n Dag bestaan uit 24 uur.
• Dit is nou presies sesuur.
Die uur van afrekening het aangebreek.

Vertaling:
Engels: hour, o'clock
Nederlands: uur

Nota:
Drie-uur ('n tydstip) teenoor drie uur (tydsduur).
• "Uur" word gewoonlik in die enkelvoud gebruik: "Sy werksdag is agt uur lank." Gebruik "ure" (die meervoud) as jy tyd wil beklemtoon: "Ek het ure lank gewag".

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: seshoek
Volgende onderwerp: hang
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jul 02 08:25:11 MGT 2024