Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » mee
mee [boodskap #127117] Wo, 17 Julie 2019 15:12
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19491
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
mee
Afbreking: mee
Uitspraak: /mɪə̯/




Bywoord: mee

Betekenis:
• Om met of saam met; mede.

Gebruik:
• Het jy 'n pen om mee te skryf?
• Die suikerbekkie is 'n klein voëltjie met 'n lang, gekromde snawel om nektar mee te drink.

Spreekwoord:
• Waar jy mee verkeer, word jy mee geëer. [Jy word beoordeel na jou vriende.]
• Hy het nie 'n nael om hom mee te krap nie. ['n Arme sukkelaar wees.]

Sinoniem:
• met

Afgelei:
• daarmee
• hiermee
• meebring
• meedoen
• meegaan
• meeloop

Vertaling:
Engels: along, together, with
Nederlands: mee

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: ingeslote
Volgende onderwerp: situasie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jul 02 07:55:12 MGT 2024