Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » gooi
gooi [boodskap #127102] Wo, 17 Julie 2019 09:02
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19491
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Rugbybal word gegooi.
'n Rugbybal word gegooi.
gooi
Afbreking: gooi




Werkwoord: gooi
Verlede tyd: het gegooi
Teenwoordige deelwoord: gooiende

Betekenis:
• Deur die lug verplaas; met 'n swaai van die arm in 'n rigting stuur.

Gebruik:
Gooi die bal.
• Die lamp gooi strale oor die vloer.

Spreekwoord:
• Geld in die water gooi. [Geld verkwis.]
• Goeie geld na slegte geld gooi. [Meer belê in 'n onderneming wat geen wins maak nie.]
Gooi die kat in die duiwehok. [Veroorsaak 'n groot konsternasie.]
Gooi dit oorboord. [Laat vaar dit; gee dit prys.]
Gooi dit oor 'n ander boeg. ['n Ander draai aan 'n saak gee om 'n doel te bereik.]
• Hy gooi anker by haar. [Hy kuier by haar.]
• Sy gooi dolosse. [Hy voorspel die toekoms.]
• Hy gooi duim. [Ryloop, bedel 'n rit.]
• Sy gooi esse. [Hy maak kort draaie.]
• Hy gooi iets oorboord. [Van iets ontslae raak.]
• Sy gooi my dit voor die hoof. [Iemand verwyt.]
• Hy gooi sy appels. [Met die vuis slaan.]
• Sy gooi 'n Kaapse draai. [n Wye draai maak.]
• Hy gooi 'n klip in die bos. [Reaksie uitlok deur 'n uitdagende bewering te maak.]
• Sy gooi 'n stuiwer in die armbeurs. [Saampraat of ’n onbenullige opmerking te maak.]
• Hy gooi skaapogies. [Verlief aankyk.]
• Sy gooi haar voelers uit. [Probeer uitvind hoe iemand dink en hoe die reaksie sal wees.]
• Hy gooi tou op. [Moed verloor; doodgaan; ophou met iets.]
• Sy gooi wal teen die besluit. [Probeer iets keer.]
• Jou hoed in die lug gooi. [Baie bly wees.]
• Jy kan jou hoed agterna gooi. [Hoog in jou skik met die uitslag van iets wees.]
• Met die hele vark gooi. [Grof lieg; erg oordryf.]
• Met modder gooi. [Iemand sonder rede en op 'n gemene manier slegmaak.]
• Moenie jou pêrels voor die swyne gooi nie. [Moenie iets doen vir iemand wat jou daad nie werd is of waardeer nie.]
• 'n Boom gooi altyd 'n skaduwee. [Ouers het altyd 'n invloed op hul kinders.]
• Olie op die water gooi. [Opgesweepte gevoelens probeer paai.]
• Roet in die kos gooi. [Die plesier bederf.]
• Wie in 'n glashuis woon, moenie met klippe gooi nie. [Moenie ander veroordeel oor foute waaraan jyself ly nie.]

Sinoniem:
• werp
• smyt

Antoniem:
• vang

Vertaling:
Engels: to throw, cast, fling, pitch
Nederlands: gooien


Selfstandige naamwoord: gooi
Meervoud: gooie
Verkleinwoord: gooitjie
Meervoud van verkleining: gooitjies

Betekenis:
• Die handeling van gooi; iets deur die lug werp of smyt.

Gebruik:
• Dit was 'n mooi gooi.

Afgelei:
• gooier

Vertaling:
Engels: throw, cast
Nederlands: gooi

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sover
Volgende onderwerp: jul
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jul 02 08:40:09 MGT 2024