Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » draai
draai [boodskap #127100] Wo, 17 Julie 2019 07:17
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19491
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Draai verbode.
Draai verbode.
draai
Afbreking: draai
Uitspraak: /drɑːi/




Werkwoord: draai
Verlede tyd: het gedraai
Teenwoordige deelwoord: draaiende

Betekenis:
• In die rondte beweeg.
• Van rigting verander.
• Iets om iets anders bind.
• Mening verander; 'n ander kant kies.
• Baie tyd met iets vat.

Gebruik:
Draai die fiets se wiel.
• Ons moet by die robot draai.
• Sy draai 'n strik om die geskenk.
• Hy draai teen sy beste vriend.
• Ons gaan laat wees, waar draai julle so?

Spreekwoord:
• Hy draai my 'n rat voor die oë. [Iemand bedrieg.]
• Sy draai om hom. [Gee baie aandag.]
• Hy draai sy mantel na die wind. [Jou op beginsellose wyse na omstandighede skik.]
• Sy gooi 'n Kaapse draai. ['n Wye draai maak.]
• Hy is die spil waarom alles draai. [Die leidende persoon.]
• Sy kan haar nie draai nie. [Hy het nie tyd om alles te doen nie.]
• Hy sal seker weer stokkies draai. [Sonder verlof uit die skool bly.]
• Iemand om jou duim draai. [Iemand maklik beïnvloed.]
• Iemand om jou pinkie draai. [Heeltemal baas wees oor iemand.]
• Iemand sal nog stroppe draai. [Iemand sal nog swaarkry.]
• In sy gewete kan 'n wa en span osse draai. ['n Buitengewone rekbare gewete hê.]
• Jou uit iets draai. [Jou met 'n slimmigheid of geslepenheid uit 'n verpligting losmaak.]
• Om iets draai soos 'n kat om warm pap. [Iets baie graag wil hê, maar skrikkerig wees om dit te neem.]
• Sy draai hom om haar vinger. [Met iemand maak wat jy wil.]
• Dis nie altyd die mooiste blom waar die by om draai nie. [Deug is meer werd as 'n mooi gesiggie.]
• Stille waters, diepe grond, onder draai die duiwel rond. [Swygsame mense verras jou dikwels; 'n sedige voorkoms is soms bedrieglik.]

Sinoniem:
• roteer
• wentel

Vertaling:
Engels: to revolve, turn, corner, detour, linger
Nederlands: draaien


Selfstandige naamwoord: draai
Meervoud: draaie
Verkleinwoord: draaitjie
Meervoud van verkleining: draaitjies

Betekenis:
• 'n Rotasie of omwenteling maak.
• Wending; 'n ander rigting inslaan.
• Verandering in benadering; ander invalshoek volg.
• 'n Ekstra ent wat gery word of 'n ongespesifiseerde besoek/tyd.

Gebruik:
• Hy gee die prop 'n stewige draai.
• Pas op vir die slaggat net na die draai.
• Die verhaal neem skielik 'n ander draai.
• Ons gaan sommer net 'n draai ry. Sy kry nie haar draai nie.

Vertaling:
Engels: rotation, spin, turn, corner
Nederlands: draai

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: afbreking
Volgende onderwerp: sover
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jul 02 08:43:22 MGT 2024