Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » klaar
klaar [boodskap #127098] Wo, 17 Julie 2019 06:28
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19491
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
klaar
Afbreking: klaar
Uitspraak: /klɑːr/




Byvoeglike naamwoord: klaar
Vergrotende trap: klaarder
Oortreffende trap: klaarste
Attributief: klare
Intensief: klinkklaar

Betekenis:
• Wat in gereedheid gebring is; afgehandel; gedoen; voorberei; voltooi.
• Moeg en afgemat.
• Opgebruik; met niks daarvan oor nie.
• Helder; duidelik.

Gebruik:
• Is jou huiswerk al klaar? Kom eet die kos is klaar.
• Ons het hard gewerk, ek is klaar!
• Die pap is nou klaar.
• Die saak is verduidelik en dit is nou vir my klaar. Sy gebruik klare taal.

Spreekwoord:
• Ons is nou kant en klaar. [Heeltemal gereed.]
• Sien kom klaar. [Op die een of ander manier sonder iets klaarkom.]
• Swoeg en sweet om klaar te kry. [Hard werk om klaar te kry.]
• Dis klaar met Kees. [Dis alles verby; daar is niks meer aan te doen nie.]
• Hy is klaar met die wêreld. [Sterwend of dood.]
• 'n Man van sesse klaar. [Bekwame man.]

Antoniem:
• onklaar

Afgelei:
• kant-en-klaar
• klaarkom
• klaarkry
• klaarmaak
• klaarspeel

Vertaling:
Engels: completed, done, ready; tired, weary; finished; clear, limpid, evident
Nederlands: klaar

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: skimmel
Volgende onderwerp: afbreking
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jul 02 08:25:35 MGT 2024