Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » skimmel
skimmel [boodskap #127097] Di, 16 Julie 2019 20:43
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19491
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Skimmel wat teen 'n boom se stam groei.
Skimmel wat teen 'n boom se stam groei.
skimmel
Afbreking: skim•mel



Selfstandige naamwoord: skimmel
Meervoud: skimmels

Betekenis:
• (mikologie) Soort swam of muf van die koninkryk van Fungi wat op dooie en lewende organismes groei.
• (dierkunde) 'n Perderas met gryswit hare en blou of rooi spikkels; 'n skimmelperd.

Gebruik:
• Daar is groen skimmel op die kaas. Wit skimmel het op die turksvyboom se stam begin groei.
• Sinterklaas ry op sy skimmel oor die huise se dakke.

Vertaling:
Engels: fungus
Nederlands: schimmel


Werkwoord: skimmel
Verlede tyd: het geskimmel

Betekenis:
• Met fungi bedek.

Gebruik:
• Die brood skimmel al.

Vertaling:
Engels: to get mouldy
Nederlands: schimmelen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: aangaan
Volgende onderwerp: klaar
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jul 02 07:57:25 MGT 2024