Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » mossie
mossie [boodskap #127091] Di, 16 Julie 2019 15:05
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19491
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Mossie.
'n Mossie.
mossie
Afbreking: mos•sie




Selfstandige naamwoord: mossie
Meervoud: mossies
Verkleinwoord: mossietjie
Meervoud van verkleining: mossietjies

Betekenis:
• 'n Klein voëltjie met vaal en bruin vere (veral Passer melanurus, die gewone mossie).

Gebruik:
• Die gewone mossie is ongeveer 15 cm groot en weeg 22–36 gram.

Spreekwoord:
• So dood soos 'n mossie. [Morsdood.]
• Hy is mossie maar man. [Hy is klein, maar pure man.]
• Jou oor 'n dooie mossie verheug. [Bly wees oor iets onbeduidend.]

Vertaling:
Engels: mossie, Cape sparrow
Nederlands: mus, Kaapse mus

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: hoef
Volgende onderwerp: igtioloog
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jul 02 08:28:41 MGT 2024