Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » onderwerp
onderwerp [boodskap #127076] So, 14 Julie 2019 20:37
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18896
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
onderwerp
Afbreking: on•der•werp




Selfstandige naamwoord: onderwerp
Meervoud: onderwerpe
Verkleinwoord: onderwerpie
Meervoud van verkleining: onderwerpies

Betekenis:
• Dit waaroor iets gaan; die tema van 'n boek, fliek, ens.
• (grammatika) Sinsdeel voor die werkwoord wat die handeling beskryf.

Gebruik:
• Wat is die onderwerp van vandag se bespreking?
• Die onderwerp (van 'n sin) verwys meestal na iets of iemand wat 'n handeling uitvoer.

Sinoniem:
• tema
• subjek

Vertaling:
Engels: subject, topic, theme
Nederlands: onderwerp


Werkwoord: onderwerp
Verlede tyd: het onderwerp

Betekenis:
• Gesag oor iets of iemand vestig.
• Gesag aanvaar; jouself onderwerp.

Gebruik:
• Die Mongole het die hele Asië onderwerp.
• Elke mens moet hom onderwerp aan die owerhede wat oor hom gestel is.

Vertaling:
Engels: to submit
Nederlands: onderwerpen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: blykbaar
Volgende onderwerp: geweet
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 22:47:27 MGT 2024